Hartsfield-Jackson Atlanta Internasionale Lughawe

Hartsfield-Jackson Atlanta Internasionale Lughawe
IATA: ATLICAO: KATL
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar/Operateur Lugvaartdepartement van Atlanta
Bedien Atlanta, Georgia
Ligging Atlanta, College Park, en Hapeville
Fulton & Clayton Counties
Geopen 15 September 1926 (1926-09-15)
Spil vir AirTran Airways
Delta Air Lines
Silver Airways
Fokuspunt vir Southwest Airlines
Hoogte bo seevlak 1 026 vt / 313 m
Koördinate 33°38′12″N 84°25′41″W / 33.63667°N 84.42806°W / 33.63667; -84.42806
Webtuiste atlanta-airport.com
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
8L/26R 2 743 9 000 Beton
8R/26L 3 048 10 000 Beton
9L/27R 3 776 12 390 Beton
9R/27L 2 743 9 000 Beton
10/28 2 743 9 000 Beton
Helikopterblaaie
Aantal Lengte Oppervlak
m vt
H1 17 52 Teer
Statistieke (2021)
Passasiers 75 537 213
Lugbewegings 707 661
Ekonomiese impak 23,7 miljard[1]
Sosiale impak 196,6 duisend[1]
Hartsfield-Jackson Atlanta Internasionale Lughawe

Die Hartsfield-Jackson Atlanta Internasionale Lughawe (IATA: ATL; ICAO: KATL) is die internasionale lughawe van die stad Atlanta in die deelstaat Georgia in die suidooste van die Verenigde State van Amerika. Die lughawe se bedryfsmaatskappy is die Department of Aviation of the City of Atlanta (Lugvaartdepartement van Atlanta). Met omtrent 75,5 miljoen passasiers (2021) en 731 000 ton vrag jaarliks is Hartsfield-Jackson sedert 1998 die besigste ter wêreld. Die lughawe beskik oor 5 paralelle aanloopbane wat tussen 2 743 en 3 624 m lank is. Verder is die lughawe die tuishawe en primêre spil van Noord-Amerika se grootste lugredery, Delta Air Lines, en van AirTran Airways. Delta se spil is die grootste ter wêreld.

Die lughawe het twee terminaalgeboue: die Noordterminaal en die Suidterminaal. Tussen die twee terminale lê die Hoofterminaal met inweeg-toonbanke en sekuriteitsbehere. In die Hoofterminaal bereik die reisigers die vertreksale T, A, B, C en D, E. Die terminaal E bedien internasionale vlugte en was spesiaal vir die Olimpiese Somerspele in 1996 ingerig.

Die meeste van die vertreksale is aanmekaar verbind met 'n stel gange, roltrappe en ondergrondse vervoerstelsel ("people mover"). Alhoewel die T-saal aan die E-saal grens is hulle nie direk aan mekaar verbind nie. Dit is gevolglik vir reisigers baie moeilik om van T na E oor te stap.

  1. 1,0 1,1 "Atlanta airport - Economic and social impact" (in Engels). Ecquants. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2013. Besoek op 15 Mei 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy